Armeense volksmoord

Armeense gebiede 1896
Lande, wat die Armeense Volksmoord amptelik erken
Rafael de Nogales Méndez (1879-1936), 'n Venezolaanse soldaat in die Turkse weermag wat sy getuienis van die volksmoord neergeskryf het in sy boek Cuatro años bajo la media luna

Die Armeense Volksmoord verwys na die grootskaalse ontruiming en verwante sterftes van honderde duisende tot dalk meer as 'n miljoen Armeniërs tydens die regering van die Jong Turke van 1915 tot 1916 in die Ottomaanse Ryk.

Die Republiek van Turkye verwerp die idee dat die gebeure 'n volksmoord was en beweer dat die sterftes onder die Armeniërs die gevolg was van inter-etniese geweld, siektes en hongersnood tydens die chaos van die Eerste Wêreldoorlog. Die meeste Armeense, Russiese, Westerse en 'n toenemende aantal Turkse geleerdes is dit eens dat dit wel 'n volksmoord of 'n veldtog van staatsgesteunde etniese suiwering en grootskaalse uitwissing was. Sommige Westerse bronne wys op die groot aantal sterftes as bewys van 'n sistematiese, georganiseerde plan om Armeniërs uit te wis. Die gebeure is waarskynlik ook die tweede mees bestudeerde geval van 'n volksmoord[1] en word dikwels met die Joodse volksmoord tydens die Tweede Wêreldoorlog vergelyk. In 2021 het 31 lande amptelik die Armeense volksmoord erken.

  1. R. J. Rummel, The Holocaust in Comparative and Historical Perspective, A Journal Social Issues, April 1, 1998 — Vol.3, no.2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search